Month: June 2016

Stilte na die storm

Ek het al baie gehoor dat iemand praat van die stilte na die storm. Spreekwoordelik word die uitdrukking gebruik na ’n moeilike tyd of bakleiery wat net ewe skielik stop en alles is verby. Dit is dan ’n tyd waar jy terug kyk na alles wat gebeur het en net bly is als is verby. Op daardie stadium is dit waar jy moet begin alles weer bymekaarsit en regstel wat deur die storm vernietig is. Wel, ek sit nou so en dink aan die verloop van my lewe. Ek dink ook terug aan al die dinge waardeur ek gegaan het en na waar ek nou vandag staan. Ek dink ek kan amper sê dat my lewe ook maar baie stormagtig was en met tye as ek gedink het die wind gaan nou lê, dan tel dit maar net weer op en die verwoesting gaan aan. So ook het ek in hierdie storm geleer om skuiling te kry en te oorleef. Die storm wat so aan gewoed het, kon my nie breek nie en ek het oorleef. Die storm het my sterk gemaak. So ook het die storm bedaar na ’n baie lang tydperk. Ek kon daarna weer terug kyk na alles wat voor my lê en rustigheid ondervind. So ook het ek bietjie vir bietjie begin om die skade wat die storm veroorsaak het te herstel. Ek het myself gevind, weer begin skryf en hardloop en net myself weer opgebou na die persoon wat ek wou wees. So ook na elke storm lê daar bome, takke en blare die wêreld vol. Dit is dan wat jy maar moet begin skoonmaak en alles weer mooimaak en op hul plek kry. Die tyd waar jy weer kan begin droom oor hoe dit kan lyk. Dan so terwyl jy al die gemors begin skoonmaak, kom jy op ’n punt waar jy weer lewe sien. Een blommetjie of blaartjie wat die storm oorleef het en soos wat die son dan nou uitkom begin blom en ’n teken van lewe en hoop gee. Ek voel tans het ek nou daardie teken van lewe gesien. Ek is vir ’n oomblik rustig, het soveel vrede en staar net in bewondering na die teken van nuwe lewe. Dit is so in ’n oomblik waar jy nie verwag het om lewe te sien nie en dan ewe skielik is dit daar voor jou. Dit is ’n oomblik wat jy besef, alles gaan weer goed wees. Jy maak alles om die blommetjie skoon. Gee water en versorg die blommetjie en bewonder dit dan dag na dag soos wat dit begin groei en mooier en mooier raak met tyd. Op daardie oomblik kry jy werklik weer motivering om die blommetjie in ’n blomtuin te verander. Dit is iets wat nie oornag kan gebeur nie en met tyd, geduld en omgee sal die blomtuin geskep word. So ook met die kennis van die storm wat alles voorheen vernietig het, kan jy dan ook nou reg voor bery en die nodige skuiling en beskerming bou sodat as daar weer ’n storm moet kom, jou blomtuin beskermd sal wees en geen storm ooit weer dit kan vernietig nie. Ons as mens gaan deur die lewe en daar gebeur baie dinge met ons. Ek het al baie mense uit moedeloosheid hoor sê, maar hoekom gebeur al die dinge met my? Hoekom kan dit nie net vir ’n slag goed gaan met my nie? Ek dink ek self het ook al baie so gevoel, maar as ek nou so tot die besef kom dat as gevolg van alles wat gebeur het, kan ek nou opreg die goeie dinge in my lewe waardeur. Ek sal weet om dit wat ek nou het te versorg en goed op te pas. Ek gaan die nodige kennis hê om dit wat ek nou kry te versorg en op te pas en te beskerm teen die storms daar buite. Die stilte na die storm is nie noodwendig die mooiste oomblik in jou lewe nie, maar dit is moontlik die begin tot ’n nuwe hoofstuk in jou lewe waar jy half van vooraf kan begin om alles reg te maak en op te bou, selfs beter as wat dit voorheen was voor die storm. En dan, as jy daardie eerste teken van lewe weer sien dan weet jy, alles gaan weer goed wees. Daar is altyd hoop. Wees sterk in die tye waar storms woed en gebruik elke oomblik om kennis op te bou in jou lewe. Weet dat die storm weer sal oorgaan en jy stilte sal vind. Gebruik dan die kennis wat jy gekry het om in hierdie stilte te herbou en dan as jy daardie teken van lewe sien, gee jou alles om dit te bewaar. Ek hoop dat my lewe, my skryfwerk en drome nog vele meer mense sal inspireer in die lewe. Ek hoop dat ek dalk ook vir iemand wat tans ’n storm beleef bietjie hoop kan gee. Wees sterk want daar is ’n doel met alles in die lewe.

 

Don’t miss the moment

Some moments in life is worth remembering. Surprisingly those moments sometimes are not the moments where you went out on the an expensive trips or holidays, but something so small and insignificant that it is a moment incised in your soul and you recall it from time to time for a feeling of comfort. It is like that time you watched a sunrise or sunset and just gawked at it for minutes without saying or doing anything. That warm feeling you get when you capture the moment with your eyes only. Now my question comes in… Why can’t we have moments like this every day of our lives? I have realised that some of us tend to get so busy and that we forget to look around us and appreciate some possible good moments in life. When you wake up in the morning and run up and down to get to work, we tend not to bother about anything else around us than just to finish and get to work. Being stuck in traffic and just watching the cars in front of you, instead of looking up and noticing a beautiful warm sunrise over the city. Doing shopping trying to get everything you need just to get back home, instead of noticing a child’s smile as his received a balloon at the shops door and have a moment of joy in his life. I have realised that seeing other people smiling, being happy and joyful, can make me also feel happy for that moment. And taking note of that feeling I’ve also came to the conclusion that if other people smiling can make me smile, I can also make other people smile when they see me smiling. A smile is like an addiction actually. If you look at a person and smiles, most of the time you would get the same reaction back. So now in a quest to make the world a happier place I came to the conclusion… We should look around us more often and appreciate every possible good moment that arise and as we capture that moment, we should smile and for that moment, someone else will see you smiling creating another moment for that person to also start smiling. Doing this you are not only appreciating life, but contributing to another’s life. Some moments in life is worth remembering, just make sure you don’t miss it…

My Foto met ‘n Oomblik…

Ek het onlangs ’n foto op Facebook gelaai met die byskrif daar by “A view and a moment to remember.” Ek plaas dan nou ook die foto hier op my blog. Ek glo almal wat die foto sien sal saamstem dat dit ’n baie mooi natuur toneel is en dat dit nogal aansluit by my vorige skryfstuk oor die verskillende blomme en natuurtonele in verskillende seisoene. Dit was dan ook die foto wat my die vorige skryfstuk laat skryf het. Buiten dat dit net ’n mooi toneel was op daardie oomblik, beteken die foto vir my baie meer. Ek praat van ’n oomblik waar ek uit staar op iets vreesliks mooi en dan ook ewe skielik net daar ’n gevoel van vreugde en geluk ervaar. Ek glo dat ek nie daardie oomblik alleen ervaar het nie en dit is amper asof daardie oomblik ’n nuwe hoofstuk in my lewensavontuur begin het. Drome wat werklikheid begin word. Lewe wat werklik begin sin maak. ’n Oomblik wat jy voel jy het alles wat jy wil hê en dat jy so gelukkig is. Die begin van ’n hoofstuk waar jy so opgewonde is van die begin af, jy kan sommer sien dat die res wat volg net nog mooier kan wees. Ek skryf baie oor drome, my benadering tot die daaglikse lewe, hoe ek altyd positief probeer dink en dan probeer ek ander mense deur dit te inspireer. Ek deel graag altyd my ondervinding van hoe ek voorberei vir iets wat ek aanpak en dan ook hoe ek suksesvol slaag in my doel. Ek het al baie geskryf oor hoe jou innerlike vrees jou kan terughou en jou keer om te waag en so ook jou van baie goeie dinge beroof. Ek was ook dae baie ongeduldig en moeg om te wag vir goeie dinge om te gebeur. Ek is vandag eintlik so bly oor die feit dat ek, “EK” is. Ek is baie bly dat ek die mens is wat ek vandag is. Ek weet ek is deur baie dinge in my lewe en ek het nie altyd verstaan hoekom ek daar deur moes gaan nie, maar al die dinge het my gevorm in die mens wat ek vandag is. Ek hou van wie ek is. Ek hou van wie ek vir ander is. Ek het vrede en geluk gevind amper in alle gebiede. My werk, my sport en my lewe is op so ’n manier dat ek nie vir beter kan vra nie. Ek het eintlik nog so baie dinge om oor te skryf. Dinge wat ek in die lewe geleer het, besluite wat sekere gevolge gehad het, maar ek sal seker nog baie geleentheid en inspirasie hê om oor al die dinge te skryf. Ek dink vir nou is daar net een groot stelling wat ek probeer maak. Moet nooit moed opgee nie… Daar is altyd iets mooi nog in die toekoms. Bly net glo daarin. Hou aan droom, hou aan vorentoe gaan en moenie dat enige iets jou terughou nie. Lewe elke dag voluit.

20160612_094832

Dankbaar

Vandag is n bitter koue dag hier op kantoor en ek voel amper asof ek net eerder in die bed hoort. Tog is ek aan die gang en vol energie en ek sal seker nie vyf minute kan stil lê in my bed nie. Dit is Maandag, maar ek het ’n naweek van soveel opwinding agter die rug. Ek het ’n 10 km wedloop gaan hardloop Saterdagoggend wat ek my persoonlike beste tyd verbeter het. Ek het saam vriende gekuier en ook in die natuurskoon gaan stap. Die weer was maar bedrieglik en een oomblik warm, dan koud. Tog is alles net perfek. Vir ’n oomblik hier waar ek sit en skryf, is dit asof die weer nie saak maak nie. Dit is asof ek net doelgerig vorentoe gaan. Ek bereik doelwitte wat ek gestel het, ek ontmoet nuwe mense in my lewe, wat alles net nog meer die moeite werd maak. Soos wat die seisoene verander, verander die natuur. So ook, verander my lewe. Daar is sekere blomme wat net in sekere maande van die jaar blom en dan ook ’n prag natuurtoneel oor die velde bring, wat weer oor ’n maand weer totaal en al anders gaan lyk. Dit is vir my interessant soos wat ek altyd gaan stap om foto’s te neem, hoe die blomme verander. Ek kan elke maand dieselfde paadjie gaan stap, maar ek sal elke keer iets nuuts kry om af te neem. Iets mooi, iets unieks wat my aandag trek. Ek wonder soms of ons as mens nie ook soos die natuur is nie. Jy bly tog nooit dieselfde nie. Soos wat die seisoene verander en die weer verander, voel ons as mens ook anders. Dit is moontlik die verduideliking hoekom mens nooit in dieselfde bui is nie. Ek wonder soms as iemand, soos ’n fotograaf nou, deur my lewe moet stap seisoen na seisoen, hoe die foto’s sal lyk. Ek hoop darem dat ek ook vol kleurige blom velde uitstraal met iets unieks en asemrowend elke maand. As ek so terug kyk na van my skryf stukke, kan ek duidelik sien hoe my gemoed verander. Ek kan sien waar was ek hartseer, kwaad of teleurgesteld. Waar ek goeie tye en vreugde ondervind het. My skryfwerk is soos ’n foto van my lewe en dit skets sekere natuurtonele vanuit my siel en my hart. Ek is dankbaar om ’n gawe te hê om te skryf, te hardloop en te leef. Ek sien uit na die toekoms, na wat nog voorlê op my pad. Ek voel regtig dankbaar vir alles wat ek het. Soms wil mens net meer en meer hê, maar jy besef nie hoe gelukkig jy werklik is om net dit wat jy nou het te besit nie. Mens het nie altyd rykdom nodig om gelukkig te wees nie, maar goeie gesondheid en ’n positiewe siening in die lewe neem jou soveel vêrder as enige iets anders.