Month: May 2016

FANTASIEË

 

 

Fantasieë gebaseer op drome,

nie altyd vir almal beskore.

Dag na dag gaan ons aan met die lewe,

nie altyd soos wat almal na strewe.

 

Soms gaan daar dinge verlore,

maar opnuut word weer iets gebore.

Daar is altyd hoop vir jou,

moet nooit een dag berou.

 

Môre kom opnuut met ’n belofte,

dalk nog ’n sonskyn dag gelofte.

Vandag moet ons leef,

elke oomblik beleef.

 

Vrees nie die toekoms vir nou,

want liefde bly tog getrou.

Dit sal jou eendag vind,

soms kom dit saam die wind.

 

Fantasieë, drome en alles daarmee saam,

dit wys jou ook die pad om op te gaan.

Volg jou hart en voel dit nou,

eendag kom dit ook vir jou.

 

 

Empty the Cup

As I started my run yesterday, I felt a bit lazy and decided just to take it slow and let the road lead me. I went through town not actually paying attention to the people around me. My thoughts were a mixture of what I wanted to do the coming week and what I have achieved up to now. Then as I left town, onto a quiet road, I only heard the sound of my shoes on the road. My cadence almost constant. My thought got quiet and only the sound of running, the road and nature remained. My mind was empty, and I knew I am where I wanted to be. At total harmony for that moment. I just kept on running, following the road, loving the road and enjoying the run…

It is sometimes difficult to explain to someone who is not running what that moment of peace is about. You need to experience it to understand it. It is like Bruce Lee said, first empty the cup before it can take in something new. That is exactly what a long run can do for me. That is my way of emptying my cup, to accept the new things that is coming to me the following week. It is a way of making peace with what has departed and making way to receive something new. Every person have their own way of reaching this level. No matter what sport or hobby you have, everyone do have a way of emptying their minds an just be at peace for a moment.

Always remember what you need to do to get back to that level. Always keep in mind that what happened is over and the things that might come tomorrow can be astonishing. Empty your mind, be eager to accept what comes. We are destined to achieve immensity in life. Just keep on going forward, and you will find it.

Leef en Droom

Soms wens ek dat ek my lewe kan beplan soos wat ek beplan om ’n storie te skryf. Dink net hoe lekker dit sou kon wees om jou eie karakters te skep soos wat jy hulle op droom. Jy kan dan jou eie droom wêreld skep, die karakters daar inplaas waar jy hulle wil hê en ook self besluit wat gebeur wanneer. Ek dink nog soveel te meer gaan dit wonderlik wees want jy gaan die einde self kan bepaal. Jy kan jou storie ’n gelukkige einde laat hê. ’n Gelukkig vir altyd saam soos in die feeverhale…

Soms weet mens nie hoekom dinge met mens gebeur in die lewe nie. Partykeer gebeur daar goeie goed met ’n mens en dan is jy baie gelukkig, maar dan gebeur daar weer iets slegs en jy is weer ongelukkig. Net jammer mens weet nooit wanneer gebeur die goeie of die slegte dinge nie. Jy sien dit amper te laat as dit gebeur en jy kry nie kans om daarvoor voor te berei nie. Tog dink ek dit is nog steeds lekker om te droom en fantasie wêrelde te skep in jou drome. Ek meen, niemand kan jou drome van jou af wegvat nie. Niemand kan vir jou voorskryf wat jy kan of mag droom nie. En al weet jy dat alle drome nie waar word nie, is dit tog vir daardie oomblik wat jy droom asof jy in werklikheid daar is. Ek moet sê dat dit seker een van die grootste redes is waarom ek van stories skryf hou. Om ’n storie te skryf is ook soos om ’n droom te skep en dit te laat gebeur. Ek het nogal ondervind dat mens droom partykeer iets en dink dat dit nooit sal kan waar word nie. Dan met die wete dat dit net ’n droom is en dit nie kan waar word nie, oorweeg mens dit dan glad nie om eers te probeer dit ’n werklikheid maak nie. Ek moet sê ek het op die harde manier geleer om nie bang te wees om ’n droom te probeer uitleef nie. Van te versigtig wees, te bang wees en te dink dit kan nie gebeur nie, het die moontlike kans op werklikheid by my verby gegaan.

Droom drome en leef in jou drome. En soms as daardie droom wat tog onwerklik is, lyk of daar bietjie werklikheid in kan wees, waag ’n kans en probeer. Daar is ’n gesegde, “wie nie waag nie, sal nie wen nie.” Baie ware en wyse woorde…

Playing Life’s Curveballs…

Sometimes life just throws a curveball at you, or so they say…

I don’t know how to explain everything that happens in life, but sometimes things happen in your life that you just can not explain or avoid. It is like for a moment you do not have any control over what you do, you say, or you react to. It is a moment where you do not think, you just follow the rhythm of your emotions, the drive that is in your heart and the sense that does not make any sense.

Today I am writing, not because I have to or want to, but because my heart drives me insane, my mind is drifting and my dreams are beyond what I can imagine. I am living in a epic fantasy the last few days and it is like something I have never imagined. I have discovered myself in ways I never thought possible. I have done things I’ve never thought I am capable of doing. I have rise to a level I never knew. But as I came to this extraordinary level, I had to take a decline to get back down again. This decline I never expected and did not want to go back, but I had to. It was like climbing a mountain to the top, appreciating the view, but you can’t stay on top of it. You have to climb down again and go back to where you belong.

Now the question arise whether the place you belong to be, is the place you should be. Why can’t you stay on top of the mountain and have the view for life? I do not have that answers and also don’t know where I am going next. All I know is that I will never give up in life. I have to write stories of epic adventures, stories of lost love, stories of hope and all the stories to inspire and motivate the people around me. I believe that in the end, my adventure will also end at the place I have dreamed of. A place that will let me live in harmony, peace and total happiness.

Curveballs can be played. Sometimes you strike it right and other times not. No matter what happens, you are still in the game… Keep on playing.

Waar daar n wil is, is daar n weg.

So sit ek dan ook nou, weereens na lang harde werk agter ’n doel gedrewe oefen plan en kry ek weer ’n tydjie om te skryf. Ek het die naweek wat verby is seker die moeilikste 21 km wedloop aangepak in die omgewing. Ek het van die begin af weggespring met ’n missie om onder twee ure klaar te maak.

So het ek omtrent twee maande terug besluit ek wil die wedloop hardloop. Ek is vertel dat dit nie maklik gaan wees nie en dat ek dit maar moet stadig vat. Stadig vat? Nee ek ken nie daardie woorde nie. Ek het begin oefen en myself gedruk tot waar ek amper nie meer kon nie. Ek het bly oefen en oefen en ek dink na amper ’n maand het ek my eerste 21 km wedloop gaan doen. Dit was ook glo ’n moeilike een, maar ek het baie goed gedoen. Vir my was dit ’n goeie toets ter voorbereiding vir die grote wat ek wou doen. ’n Paar mense het vir my gesê dat ek kan vergeet om die Sudwala 21 km onder twee ure klaar te maak. Dit was glo net te moeilik, maar ek het nie opgegee nie. Ek het bly droom, bly oefen en myself gedruk.

Die oggend sewe uur spring ek weg. Ek breek so gou moontlik uit die bondel en druk om saam die voorste atlete uit te kom. Toe ek uit is kon ek begin werk. Hard werk om my pas te hou en elke opdraand net tot bo te kom. Die eerste twee kilometers was maklik genoeg, maar toe begin die lang klim van amper ses kilometer tot bo-op die berg. Ek het net bly hardloop. Nie opgegee nie en nie terug gekyk nie. Toe ek bo-op die berg kom het ek myself begin druk om vinniger te hardloop. Daarna by die draaipunt het ek nog opdraande gehad om te hardloop, maar ek het goed gevoel en het net bly gaan en gaan. Weer terug bo-op die berg het ek ’n lang afdraande gehad tot onder. Dit klink dalk makliker, maar ek moes hard werk om my pas reg te kry en vinnig af te gaan sonder om seer te kry. En daar kom ek nader aan die einde en besef hoekom die een die moeilikste 21 km wedloop is. Opdraande wat my wil laat agteruit terug hardloop. Ek het lank gesukkel om daar uit te kom en het met myself baklei tot bo. Op die bopunt het ek die voorreg gehad om deur die Sudwala grotte te hardloop en toe was dit die afgaan weer na die eindpunt. Dieselfde opdraande wat ek op baklei het moes ek nou afgaan en elke laaste bietjie krag in my bene was nodig. As ek te vinnig gaan kry my knieë seer en te stadig is dit my bobene wat pla. Met ’n redelike vinnige pas is ek daar af en toe ek oor die wenstreep gaan en besef ek het dit onder twee ure gedoen, was dit asof ek alles vermag het wat ek wou. Dit is ’n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. Al die harde werk was nie verniet nie. Ek het aan myself bewys dat ek dit kan doen.

Lang harde werk en ’n positiewe, maar doelgerigte benadering tot enige iets, kan net sukses oplewer. So het ek dan weereens bewys dat as jy positief en gemotiveerd bly, jy suksesvol sal wees in wat jy doen. Ek het geleer om nie na ander mense te luister nie en in myself te bly glo, tot die bitter einde toe. Mag my klein bietjie sukses almal inspireer om hulle drome uit te leef. Moet nooit sê ek kan nie want waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.