Tag: answers

Vrae

’n Gedagte veldtog. ’n Innerlike struweling na antwoorde. Vrae wat gevra word aan jouself. Waar en wanneer sal jy tog antwoorde kry?

Hier waar ek sit en skryf, het ek soveel worstelinge met gedagtes in my binneste. Ek het soveel onverklaarbare vrae wat ek nie verstaan nie. En hoe dan nou as jy die vrae nie verstaan nie sal jy kan antwoorde kry? Ek dink ek het vrae wat ek aan myself vra wat ek nie gedink het ooit hoef gevra te word nie. Soveel te meer weet mens soms nie werklik wat die punt is om so te sit en vrae vra op dinge wat jy weet jy nie gaan antwoorde sal vind nie.

Waarheen vat die gejaag van die lewe ons dan nou? Waar gaan ons op eindig en is dit dan die werklike doel waarvoor ons bestem is. Ek wonder die afgelope tyd baie oor my “doel” in die lewe. Ek hoor so baie mense praat en sê dat jy ’n doel hier op aarde het en dat jy volgens daardie doel moet lewe met alles in jou. Jy moet strewe om in daardie doel te volhard. Maar hoe weet jy dat die doel wat jy najaag, die doel is wat jy moet in volhard. Ons bid en vra vir rigting, maar luister ons werklik vir antwoorde of het ons in ons gedagtes klaar besluit wat ons doel is? Ek dink so aan wat ons elke dag sit en doen. Ons sit by die werk en soms ook net omdat ons moet werk en geen ander keuse het nie. As mens nie werk nie bewerkstellig jy jou eie ondergang in vandag se lewe. As jy nie werk nie kan jy hoegenaamd niks doen nie. Dit bring my nou by die groot woord “geld”. Dit is tog hoekom ons werk. As jy nie geld het nie, kan jy nie funksioneer nie. Veral nie in vandag se lewe waar geld die wêreld regeer nie. Ja, ek sê dit weer want dit is hoe ek dit sien. Geld regeer die wêreld! En as ek sê die wêreld bedoel ek die mens daarby. Geld kan mense dryf om amper enige ding te doen. Geld laat jou werk. Geld laat mense steel. Geld laat mense moor en so kan ek aangaan. Wat ’n mens nie alles vir geld sal doen nie…

Ek dink dat geld die mens se doel hier op aarde kom verdoesel het. Ek dink geld maak mense blind om nie jou werklike doel in die lewe te kan raaksien nie. Dink net hoe die wêreld sou wees as jy geld laat verdwyn en dit met liefde kan vervang. As al waarvoor jy werk vir liefde is. As al wat mens nodig gehad het liefde was. Net liefde! Jy sou soveel liefde gehad het, dat jy uit liefde vir die wat nie het nie sou gee. Jy sou soveel liefde gehad het dat jy nie ander sou wou leed aandoen nie. Uit liefde uit sou jy nie ander ingedoen, verskree en sleg behandel het nie. Hoekom moet mens dan so hard werk vir geld? Hoekom moet ons so baie tyd opgee en familie en vriende eenkant toe skuif sodat ons kan werk vir geld? En hoekom as jy dit besef en probeer ’n verskil maak, word jy vertrap en vernietig? Is daar dan al hoe minder plek in ons ou wêreld vir liefde en vrede?

Ja, soveel vrae sonder antwoorde. Ek skryf maar terloops. Ek vra maar die vrae. Of ek ooit antwoorde gaan kry, dit sal ek nie weet nie. Of ek ooit die mens sal kan verstaan, dit weet ek nog minder. Is dit wat ek skryf dalk my doel op aarde? Wie weet?

Glo, Hoop en Vertrou

Vandag is dan ook weer nog ’n nuwe dag. Ons word wakker en begin ons normale roetines. Ek moet bieg dat ek die laaste week wat verby is ook bietjie “af” gevoel het en nie so positief was soos wat ek gewoonlik is nie. Die redes hiervoor is maar soos met alle normale mense, ’n tyd by die werk wat dit moontlik bietjie druk gaan en die laaste bietjie fisiese energie uit jou uitgetap word. Dan skeep jy dalk bietjie jouself af en begin simptome van stres wys. Sonder dat jy besef gaan jy stadig maar seker in ’n trant in van moeg opstaan en nie lus is om werk toe te gaan nie. Dan ook begin jy vergeet hoe dankbaar jy werklik moet wees vir alles wat jy het en kry. En skielik besef ek dit…

Ek dink dit gebeur ook so met alle mense en nie bloot oor die feit dat ons as mense soms voorspelbaar kan wees nie, maar deur die blote feit dat ons mens is. Ons is nie hemelwesens wat altyd sterk kan bly nie en ons moet aanvaar dat menswees saam die swakheid van menswees gaan. En dan ook weet ek almal is nie sterk genoeg om hulself weer uit so ’n oomblik uit te trek en weer op te staan en positief aan te gaan met jou lewe nie. Daarom is daar soveel om voor dankbaar te wees want ons het ’n God wat ons help en leiding gee. Ons bid tot Hom en vra vir krag en antwoorde. Ons bid vir genade en ons glo en vertrou. En dan vir die wat nie dit besef nie, gee God dalk iemand op jou pad om jou te laat onthou jy het soveel om voor dankbaar te wees. En dan op daardie oomblik kan jy weer met dankbaarheid op jou knieë gaan en so weer begin leef as die mens wat jy is en moet wees. ’n Mens gemaak en gevorm deur God, om Hom te loof en te prys en verheerlik deur alles wat ons doen.

Ek hou daarvan om positiewe skryf stukke oor die lewe te skryf en mense te help. Ek is moontlik dalk ook ’n gereedskap stukkie in hierdie wêreld wat bietjie vir bietjie herstelwerk doen. Ek skryf nie sommer oor christenskap nie en eerder oor positiewe dinge wat ek uit die lewe uit ervaar. Ek was bang om oor die Bybel te praat en van God te praat in van my skryfwerk omrede ek weet soveel mense gaan sommer daar en dan dalk ophou om my goedjies te lees. Dit is nie almal wat lus is vir nog ’n preek uit die Bybel as hulle af voel nie en soms lees mense my skryfwerk wat hoop en geloof verloor het. Ek wil nie daardie tipe mense afsit nie, want ek wil so graag my positiewe boodskap by almal deurbring. Ek wil so graag hê dat die klein bietjie wat ek uit my lewe uit deel, iemand anders ook kan help en positief maak.

En dit wat ek skielik dan vanoggend besef het… Ek word gelei deur ’n Almagtige God wat my inspireer en die talente gegee het om alles te doen wat ek doen. Hy het my gevorm in die mens wat ek is en deur Sy genade kan ek ’n positiewe deel bydrae tot die wêreld. Vir almal van julle wat hoop, moed of geloof verloor het wil ek graag ’n boodskap deurgee vandag. Daar is hoop en daar was nog altyd. Maak jou hart oop, maak jou gedagtes skoon. Kyk met geloofsoë na bo en aanvaar waar jou hulp vandaan sal kom. Dan en alleenlik dan, sal jy vrede hê en voluit kan lewe. Dan sal jou probleme nie meer so groot lyk nie en jy sal antwoorde kry. En onthou die belangrikste van alles, “ons is mens, ons maak ook foute,” ons almal doen. Moenie dat iets kleins so groot word en jou in die grond in aftrek nie. Jou probleme lyk dalk nou vreeslik en onoplosbaar, maar ek verseker jou dat daar altyd ’n weg is. Glo, hoop en vertrou…

 

Stilte na die storm

Ek het al baie gehoor dat iemand praat van die stilte na die storm. Spreekwoordelik word die uitdrukking gebruik na ’n moeilike tyd of bakleiery wat net ewe skielik stop en alles is verby. Dit is dan ’n tyd waar jy terug kyk na alles wat gebeur het en net bly is als is verby. Op daardie stadium is dit waar jy moet begin alles weer bymekaarsit en regstel wat deur die storm vernietig is. Wel, ek sit nou so en dink aan die verloop van my lewe. Ek dink ook terug aan al die dinge waardeur ek gegaan het en na waar ek nou vandag staan. Ek dink ek kan amper sê dat my lewe ook maar baie stormagtig was en met tye as ek gedink het die wind gaan nou lê, dan tel dit maar net weer op en die verwoesting gaan aan. So ook het ek in hierdie storm geleer om skuiling te kry en te oorleef. Die storm wat so aan gewoed het, kon my nie breek nie en ek het oorleef. Die storm het my sterk gemaak. So ook het die storm bedaar na ’n baie lang tydperk. Ek kon daarna weer terug kyk na alles wat voor my lê en rustigheid ondervind. So ook het ek bietjie vir bietjie begin om die skade wat die storm veroorsaak het te herstel. Ek het myself gevind, weer begin skryf en hardloop en net myself weer opgebou na die persoon wat ek wou wees. So ook na elke storm lê daar bome, takke en blare die wêreld vol. Dit is dan wat jy maar moet begin skoonmaak en alles weer mooimaak en op hul plek kry. Die tyd waar jy weer kan begin droom oor hoe dit kan lyk. Dan so terwyl jy al die gemors begin skoonmaak, kom jy op ’n punt waar jy weer lewe sien. Een blommetjie of blaartjie wat die storm oorleef het en soos wat die son dan nou uitkom begin blom en ’n teken van lewe en hoop gee. Ek voel tans het ek nou daardie teken van lewe gesien. Ek is vir ’n oomblik rustig, het soveel vrede en staar net in bewondering na die teken van nuwe lewe. Dit is so in ’n oomblik waar jy nie verwag het om lewe te sien nie en dan ewe skielik is dit daar voor jou. Dit is ’n oomblik wat jy besef, alles gaan weer goed wees. Jy maak alles om die blommetjie skoon. Gee water en versorg die blommetjie en bewonder dit dan dag na dag soos wat dit begin groei en mooier en mooier raak met tyd. Op daardie oomblik kry jy werklik weer motivering om die blommetjie in ’n blomtuin te verander. Dit is iets wat nie oornag kan gebeur nie en met tyd, geduld en omgee sal die blomtuin geskep word. So ook met die kennis van die storm wat alles voorheen vernietig het, kan jy dan ook nou reg voor bery en die nodige skuiling en beskerming bou sodat as daar weer ’n storm moet kom, jou blomtuin beskermd sal wees en geen storm ooit weer dit kan vernietig nie. Ons as mens gaan deur die lewe en daar gebeur baie dinge met ons. Ek het al baie mense uit moedeloosheid hoor sê, maar hoekom gebeur al die dinge met my? Hoekom kan dit nie net vir ’n slag goed gaan met my nie? Ek dink ek self het ook al baie so gevoel, maar as ek nou so tot die besef kom dat as gevolg van alles wat gebeur het, kan ek nou opreg die goeie dinge in my lewe waardeur. Ek sal weet om dit wat ek nou het te versorg en goed op te pas. Ek gaan die nodige kennis hê om dit wat ek nou kry te versorg en op te pas en te beskerm teen die storms daar buite. Die stilte na die storm is nie noodwendig die mooiste oomblik in jou lewe nie, maar dit is moontlik die begin tot ’n nuwe hoofstuk in jou lewe waar jy half van vooraf kan begin om alles reg te maak en op te bou, selfs beter as wat dit voorheen was voor die storm. En dan, as jy daardie eerste teken van lewe weer sien dan weet jy, alles gaan weer goed wees. Daar is altyd hoop. Wees sterk in die tye waar storms woed en gebruik elke oomblik om kennis op te bou in jou lewe. Weet dat die storm weer sal oorgaan en jy stilte sal vind. Gebruik dan die kennis wat jy gekry het om in hierdie stilte te herbou en dan as jy daardie teken van lewe sien, gee jou alles om dit te bewaar. Ek hoop dat my lewe, my skryfwerk en drome nog vele meer mense sal inspireer in die lewe. Ek hoop dat ek dalk ook vir iemand wat tans ’n storm beleef bietjie hoop kan gee. Wees sterk want daar is ’n doel met alles in die lewe.

 

Faith

About two weeks back I was feeling very demotivated and depresses. Then one of my colleagues told me a story. I am not sure where the story originated from but she said that she received it on a email once. After hearing this story I went home having peace inside me and a wonderful message. The story made me feel so good again I decided to share that story here, in my own words, as I think it will inspire you all.

Once there was a man who lived with his wife in a small town. They were very poor and the man did not have a job. They also did not have any children and they were told that his wife was unable to have children. So one day he told his wife that he had to leave. He told her that he would be gone for a long time and that he don’t know where to he might go in search of work. He asked his wife one thing, that she must stay faithful to him and wait for him, as he will do the same.

So the man left his wife and went on a journey in search of work. The road was long and he travelled for days to come. He finally reached a place where he met an old man that offered him a job. The man then told the old man not give him his money every month end, but to hold on to it until one day he will be ready to go back home. Then he will take all his money at once and go back to his wife. The old man agreed to this and the man started working for him.

Months passed and soon years started to pass by. The man worked for the old man as agreed and so continued for twenty one years. After this time the man went to the old man requesting his money and informing him that he will return home now to his wife. The old man agreed to this but he told the man that he had a proposal for him. The old man then told the man that he can give him three good guidance’s that will help him allot along the way, but if he give him this advice he will not receive his money, but should he rather take the money the old man will not give the man the guidance’s. The man was not sure what to say but out of faith he then told the old man that he wanted the guidance’s. The old man then told the man the first thing he can tell him is to go home straight and not to take any shortcuts along the way. The old man told the man that he will give him three loafs of bread and because the road will be long he must eat two of the loafs on the way, but the third loaf he must eat at home together with his wife. The old man then told the man that the second thing he can tell him, is not to be curious. Then the third thing he said that the man must not act or take decisions while being angry. The man did not fully understand how these three things will help him, but he had faith in what the old man said and so he went on the road back home, having these three loafs of bread.

After a full day of traveling the man met some stranger along the way. The stranger inquired to where he was going and when he heard that the man is going home he told him that he know a shorter road and directed the man. The man was tired and started walking the shorter way, but as he remembered the old man’s first advice, he turned back and took the original road he knew. After a long time he reached a small town and he looked for a hotel to sleep. At the hotel there were people sitting and talking of someone that was ambushed and robbed earlier that day. He then realised that should he had taken the shorter road, he would have been ambushed and robbed as well.

The man went to his room and went to bed. Late that night he heard a load scream and then there were some fighting outside. The man got up and wanted to go and see what was happening, but then he remembered the old man’s words, not to be curious. The man got back into bed and slept till the morning. That morning as he went out the owner of the hotel was surprise to see the man. The owner asked him if he did not hear the shouting during the night. The man replied that he did, but he did not go outside. The owner of the hotel told the man that he is the first one to walk out of his hotel alive. He explained that his neighbour is mad and that he will scream at night and if anyone is curious and comes outside he will kill them. The man then realised that he was alive due to the fact that he was not curious and listened to what the old man told him. From there the man took the road and travelled on further. The man arrived at his home late at night and through the open window of his house he saw his wife with a younger man. The man was combing her hair. They were talking and laughing like they knew each other for a long time. The man was furious, but remembered the old man’s words not to act while being angry.

The man ate the second loaf of bread and slept outside for the night. The next morning he entered his house. His wife was so happy to see him and wanted to hug him, but he pushed her away. He then told her that he saw her with the younger man and that he was not happy. He said to her that he remained faithful to her for the twenty one years that he was working, but she failed him. His wife then smiled and called the young man from the other room. She introduced the young man to her husband telling him that this was his father. The man was shocked and could not believe it. His wife then explained that shortly after he left the house she found out that she was pregnant. She gave birth to a boy and raised him for the time the man was away, longing for his return to introduce him to his son. The man realised that if he had acted the previous night out of anger, he might have made a big mistake in killing his own son.

From there the man sat down and explained to his wife that he did not have any money, but only the one loaf of bread. The wife was so happy that her husband was back she did not care. She took the bread and set the table for the three of them. When she wanted to cut the bread she found that it was very hard and that something is wrong with it. As she manage to break it open she found the loaf of bread was stuffed with money. As the man and his wife took the money out and counted it, they found that it was what the old man owed the man for his work and that there was even more that he was suppose to get. The man and his wife was very happy and the man realised that by trusting and having faith in what the old man told him, saved his life.

This story also teaches us to have faith and be patient. Sometimes it is worth waiting for something and receive it at the right time when you need it, than to take shortcuts to success, being curious to what other are doing and to act out of anger and frustration. All good things comes to those who wait patiently and have faith. I hope this story also give you hope in a time that you are feeling down…

Die Regte Pad

DSCF3095

Waarheen vat die lewe ons dag na dag? Ek wonder soms in watse rigting om in te gaan. Ons jaag party dae soveel doelwitte na en probeer ons beste om bo uit te kom, maar is bo die regte plek om te wees vir ons? Is dit lekker om daar bo te wees of lyk dit maar net lekker daar? Hulle sê die hoogste bome vang die meeste wind…

Ek het nou die laaste paar weke ernstig tyd aan my hardloop spandeer. Om een of ander rede het ek net verder en verder begin hardloop en ook meer gereeld. Ek kry soms in die middel van die dag net die guur om te wil gaan hardloop. Dalk jaag iets my dat ek so hardloop, of dalk soek ek na iets en geniet die dink tyd op die pad. Dit is verbasend waaraan mens kan dink as jy so hardloop. Soms droom jy drome en ander tye dink jy aan die dag se gebeure. Daar op die pad is dit net jy en die pad en elke opdraand het sy eie vereistes wat sy tol op jou bene eis. Soms is dit maar ’n groot stryd wat binne jou aan die gang is om die eindpunt te haal. Party dae is dit maklik om te hardloop en ander dae voel dit of daar gom onder jou skoene is en dit swaar is om jou bene op te tel. So ook verander die hardloop jou gemoed heeltemal. As ek kwaad is hardloop ek om van my woede ontslae te raak. As ek gelukkig is, gaan hardloop ek omdat ek dit geniet om te hardloop. As ek moeg is hardloop ek om weer krag te kry en so gaan ek net aan.

Ek dink nou een dag soos wat ek hardloop ook nou daaraan dat ek nie werklik weet waarheen ek in die lewe op pad is nie. Ja, ek het baie belangstellings en stokperdjies en as ek iets aanpak volhard ek daarin. Ek is mal oor die natuur en geniet die buitelug, maar so ook hou ek van skryf en musiek en kan ook ’n hele dag binnehuis spandeer. Ek neem graag foto’s en speel kitaar. Daar is min dinge in die lewe wat ek nie kan doen nie, of nie kan leer om te doen nie. Waar hou mens dan op? Wanneer besluit mens dat jy nou genoeg goed het om te doen? Ek weet nie, want as ek myself kry, so besig as wat ek reeds is, pak ek weer iets nuuts aan. Net soos wat ek hardloop na die eindpunt op die pad, so gebeur dit ook met alles wat ek in die lewe aanpak. Ek het net ’n ontsettende sterk dryfkrag agter my wat ek nie werklik weet waar dit vandaan kom nie. Met al hierdie dinge wat aangaan voel ek tog nog steeds verdwaald en sonder rigting. Dit bly vir my voel dat ek kan beter en dat daar ’n ander rigting is waarheen die lewe my wil vat, maar ek kry dit nie. Ek is blind in die opsig dat ek nie kan sien wat die toekoms behels nie. Daar is soveel opsies en dinge om te begin doen en plekke om heen te gaan, maar soms is ek bang ek gaan in ’n verkeerde rigting in. Mens wil nie iets doen wat jy dalk oor ’n paar jaar besef jy het ’n fout gemaak en dan kan jy nie weer oor begin waar jy was voor die tyd nie. Voor begin is nie maklik nie en dit kan ek van getuig.

So hardloop en skryf ek dan nou maar saam, op soek na rigting, drome en die pad. Die pad wat ek moet vat om my lewe op koers te hou. Die pad na ’n eindbestemming wat die moeite werd sal wees en waar ek kan terug kyk oor my lewe en gerus voel dat dit ’n goeie lewe was. Soms as mens by ’n nuwe afdraai punt kom op die pad, is mens bang omrede jy nie weet wat voor op die pad wag nie. Mens is ook bang jy vat verkeerde afdraaie en jy kom nie by jou eindbestemming aan nie. Tog help dit nie om bang deur die lewe te wil gaan nie. Mens moet die vrese wat jy in jou het oorkom en die pad aandurf so goed as wat jy kan.

Elke tree vorentoe is ’n tree in die regte rigting. Dit sal net soveel makliker gewees het as mens meer van die toekoms kon weet. Tog kan ek droom, doelwitte stel en nastreef wat ek kan. Ek hoop werklik net dat my dag na dag se soeke na iets asemrowend sal  lei.

Answering my Fears

Once again after a long weekend of intensified self examination, I came to the decisive conclusion that my soul ached so wrathfully for. It was a moment that I just stopped everything I was doing, thinking, and trying to find, and I just knew what comes next. Ripostes… The answers was not far. It was there all along. I had it within me, but out of distressing fear for the truth, I enclosed it.

Taking of the mask that covers our fears, is sometimes not easy, especially if you yourself did not realise that you had it on. I thought I could be the person I used to be, or the person I lost to be many years back, but why? Why did I want to be that person if I have gained so much more experience out of life, that I can be an even better person than in the past? Yes I’ve seen bad things. I’ve done wrong things, but I have learned so much out of everything, that I can be a remarkable new person, that can stretch for and achieve greatness. I’ve grown, I have developed, I found strength that no one else could find. I climbed a mountain of inner emotions and I have rivalled against forces within. The outcome, a man of veracity. A man that can stand on his own not being upheld by the false pivotal edifices that this world pushes in from beneath.

I have realised today that you should be the person that you want to be, and that you should not have to explain yourself to anyone within this world. If what you believe in and feel like being, is honourable and not out of line to humanity, then you have the right to follow the path that you dream off. Don’t become so afraid of living that you only take on some of your dreams and tells yourself the rest is not destined for you, because how will you know if you’ve never even tried. As I am actually answering myself here, I dearly hope that I am also giving answers to another out there. I know that sometimes it can be lonely living with a mask on your face. A mask that can hide your emotions and the real you. The saddest thing of all, is that we ourselves decides to put these masks on. We are the ones that want to hide and it is all due to fear. Fear of our own dreams, our own capabilities, and most of all our own desires.

I had a fear in me of something. I knew the fear. I’ve fed the fear with my lack of controlling it. I can name it now and I am not ashamed to. I feared that I was not good enough. I feared that I was not good enough to stand next to another in this world. Why? I don’t know. I think that the fear became a reality when I mentioned my fear to a friend. It became even more clearer to me when I started writing about it, and read my own words back to myself.

I really hope that one day, someone in need of answers like me, would read my words and find the answers they also longed to find from within. Never stop believing in yourself. Never let anyone tell you that you are not good enough, even if it is your inner conscious that speaks. Some adroit people used to say that you should always listen to that little voice in your head and that it is always right. My conclusion is that if you have fear in you, that little voice in your head, might also be speaking out of fear and you will be deemed to become weak. Don’t be afraid to just sometimes tell that little voice your insight of life. If the voice tells you that you can not do it, show that you can. If that voice tells you that you are not good enough, lift up your chin and take the first step back into this world.

Remember one thing, and even if it is the only thing you remember, that will be enough to help you through. If you yourself don’t think you are good enough, how do you expect the world to think you are good enough…