Glo, Hoop en Vertrou

Vandag is dan ook weer nog ’n nuwe dag. Ons word wakker en begin ons normale roetines. Ek moet bieg dat ek die laaste week wat verby is ook bietjie “af” gevoel het en nie so positief was soos wat ek gewoonlik is nie. Die redes hiervoor is maar soos met alle normale mense, ’n tyd by die werk wat dit moontlik bietjie druk gaan en die laaste bietjie fisiese energie uit jou uitgetap word. Dan skeep jy dalk bietjie jouself af en begin simptome van stres wys. Sonder dat jy besef gaan jy stadig maar seker in ’n trant in van moeg opstaan en nie lus is om werk toe te gaan nie. Dan ook begin jy vergeet hoe dankbaar jy werklik moet wees vir alles wat jy het en kry. En skielik besef ek dit…

Ek dink dit gebeur ook so met alle mense en nie bloot oor die feit dat ons as mense soms voorspelbaar kan wees nie, maar deur die blote feit dat ons mens is. Ons is nie hemelwesens wat altyd sterk kan bly nie en ons moet aanvaar dat menswees saam die swakheid van menswees gaan. En dan ook weet ek almal is nie sterk genoeg om hulself weer uit so ’n oomblik uit te trek en weer op te staan en positief aan te gaan met jou lewe nie. Daarom is daar soveel om voor dankbaar te wees want ons het ’n God wat ons help en leiding gee. Ons bid tot Hom en vra vir krag en antwoorde. Ons bid vir genade en ons glo en vertrou. En dan vir die wat nie dit besef nie, gee God dalk iemand op jou pad om jou te laat onthou jy het soveel om voor dankbaar te wees. En dan op daardie oomblik kan jy weer met dankbaarheid op jou knieë gaan en so weer begin leef as die mens wat jy is en moet wees. ’n Mens gemaak en gevorm deur God, om Hom te loof en te prys en verheerlik deur alles wat ons doen.

Ek hou daarvan om positiewe skryf stukke oor die lewe te skryf en mense te help. Ek is moontlik dalk ook ’n gereedskap stukkie in hierdie wêreld wat bietjie vir bietjie herstelwerk doen. Ek skryf nie sommer oor christenskap nie en eerder oor positiewe dinge wat ek uit die lewe uit ervaar. Ek was bang om oor die Bybel te praat en van God te praat in van my skryfwerk omrede ek weet soveel mense gaan sommer daar en dan dalk ophou om my goedjies te lees. Dit is nie almal wat lus is vir nog ’n preek uit die Bybel as hulle af voel nie en soms lees mense my skryfwerk wat hoop en geloof verloor het. Ek wil nie daardie tipe mense afsit nie, want ek wil so graag my positiewe boodskap by almal deurbring. Ek wil so graag hê dat die klein bietjie wat ek uit my lewe uit deel, iemand anders ook kan help en positief maak.

En dit wat ek skielik dan vanoggend besef het… Ek word gelei deur ’n Almagtige God wat my inspireer en die talente gegee het om alles te doen wat ek doen. Hy het my gevorm in die mens wat ek is en deur Sy genade kan ek ’n positiewe deel bydrae tot die wêreld. Vir almal van julle wat hoop, moed of geloof verloor het wil ek graag ’n boodskap deurgee vandag. Daar is hoop en daar was nog altyd. Maak jou hart oop, maak jou gedagtes skoon. Kyk met geloofsoë na bo en aanvaar waar jou hulp vandaan sal kom. Dan en alleenlik dan, sal jy vrede hê en voluit kan lewe. Dan sal jou probleme nie meer so groot lyk nie en jy sal antwoorde kry. En onthou die belangrikste van alles, “ons is mens, ons maak ook foute,” ons almal doen. Moenie dat iets kleins so groot word en jou in die grond in aftrek nie. Jou probleme lyk dalk nou vreeslik en onoplosbaar, maar ek verseker jou dat daar altyd ’n weg is. Glo, hoop en vertrou…

 

Advertisements

My Badkamer Deur

Vanoggend toe ek wakker word nadat my wekker afgegaan het, staan ek op soos gewoonlik en wil kombuis toe gaan om die ketel te gaan aansit. Die kamer was nog effens donker en ek doen toe ook nie moeite om my oë heeltemal oop te maak nie. Ek ken mons die pad kombuis toe en uit gewoonte uit weet ek presies waar staan wat en loop om en oor die normale dingetjies in my plekkie. Maar vanoggend gebeur iets heeltemal anders met my. Ek voel iets hards voor my waarin ek vasloop en ’n dowwe klank van ’n deur wat nie verder kan oop as wat dit reeds is nie. Dit was die badkamer deur. Met ’n skok is ek nou heeltemal wakker en besef die deur was oop nadat ek dit gisteraand nog self oopgestoot het. So besef ek dan ook dat ek maar eerder my oë moet heeltemal oopmaak voor ek so probeer rondloop in my plekkie. Al ken ek die plek en weet waar alles is, kan daar tog ietsie uit plek uit wees en as ek nie gaan kyk wat ek doen dit nie, kan ek dalk seerkry of selfs iets breek…

Maak ons nie dalk partykeer in ons lewens ook so nie. Loop ons nie maar deur die lewe uit gewoonte met ons oë toe in ons daaglikse roetines sonder om rondom ons te kyk wat om ons aangaan nie. Ons is so doelgerig en weet wat ons moet doen dat ons net op die paadjie bly wat ons dag na dag stap. Loop elke dag op dieselfde ou roetine omrede ons dit ken en dat dit so gemaklik is om nie te verander nie. En dan as ons ook ons oë soms toe maak dan sien ons nie as daar iets voor ons op die pad kom nie en dan eers as dit te laat is “daarin vasloop,” dan besef ons eers daar is iets vreemds aan die gang. Soms kan dit moeilikheid wees of selfs iemand anders wat in moeilikheid is, maar nou is ons daarin en dit is amper te laat om te voorkom. Nou moet jy dit maar hanteer en uitsorteer waar jy dit dalk kon vermy het. Ek dink ek self is partykeer skuldig hieraan. Veral in my werk. Ek weet mons wat ek doen en ken my werk nou al so goed dat ek dit uit roetine uit kan doen. Is dit dan reg? Moet ons nie eerder waaksaam wees ten alle tye vir iets vreemds of anders wat op ons pad kan beland nie? Net soos daar iets slegs op ons pad kan wees, kan daar dalk ook iets goeds op ons pad kom en as ons oë uit gewoonte uit toe is, gaan ons dalk ’n geleentheid mis. Dalk moet ons as mens net partykeer bietjie uit ons roetines uit beweeg en net iets anders doen. Dalk is dit om iets goeds vir iemand te doen of selfs net iets goeds vir jouself. Maak nie saak hoe goed ons dink ons, ons paadjie ken nie, daardie paadjie word tog op die ou einde nie deur ons bepaal nie, maar deur ons Hemelse Vader. Sien ons nog wat Hy wil hê ons moet sien of is ons oë uit gewoonte maar toe?

So ook kan iets eenvoudig soos ’n deur wat oopstaan jou lewe verander. Die oop deur het my beslis laat dink vanoggend. Ek hoop my badkamer deur het nie net vir my iets gewys nie, maar dat iemand anders die oomblik saam my sal verstaan en beleef soos ek. Dit mag dalk iets kleins en eenvoudig wees, maar ek hoop die stukkie inspireer iemand anders ook soos wat ek geïnspireerd was om dit te skryf.

 

Master the art of Humbleness

The art of being a humble person is an art that needs practice every day. All the provocations of this world we live in can sometimes take a grip on you without you realizing that you are in trouble of being drawn in. Drawn in to something you never thought you could be drawn into. How do we stay focused every day and keep on moving forward if there is so many things  and even people that wants to pull you back down?

Living at the cost of fearing to lose. Fearing to lose what you love, what you need and even what you enjoy. In my day to day work I meet people that sometimes lose everything they own in a moment not even controlled by them. In a moment where they are so vulnerable and never expected it. Some people lose property, some lose loved ones and others their dignity. No matter what the lost, it imposes fear among us that deprive us of allot of joy and freedom in our lives. Fear that can control the person you ought to be. Fear that takes away the ability to be the mere humble person you are. Fear that can destroy you in a way that living is no longer living and joy is a mere feeling of desire not destined for you. And having this fear in you can hold you back. Hold you back so much that you are not you anymore.

I found that positive thinking helps initiating positive action. To try and overcome fear and live a happier life, you sometimes have to let go of negativity and just keep focused on what is positive. If you gather more and more positive thoughts, it tends to turn to positive energy and turns you into the person you so long to be. All of us want to be good. All of us want to be happy. All of us can be like that if we can master the art of humbleness. Learn to strive for positivity in life and you will defeat the fear of this world. Be strong, be great, but remain humble as far as you can.

Avontuur

Wat gaan deur jou gedagtes as ek die woord avontuur noem? Wat is jou siening van ’n avontuur? Is jy ’n avontuurlustige persoon of verkies jy dalk die ligeter dingetjies in die lewe…

Elke mens het maar ’n ander siening oor wat avontuur is. Vir party van ons is net ’n rustige stappie tussen die berge alreeds ’n groot avontuur. Vir ander moet daar bietjie iets waaghalsig aan betrokke wees om dit ’n avontuur te noem. Net so is die lewe ook eintlik een groot avontuur waarop ons is. Ons is almal op ons eie manier van ’n avontuur en so bepaal ons siening van avontuur ook hoe jy jou lewe leef. As jou siening van avontuur rustig is, is dit heel waarskynlik dat jy ’n rustige lewe sal handhaaf. As jy so nou en dan iets waaghalsig sal aanpak, is dit ook moontlik dat jy in die lewe so nou en dan ’n waagkans sal vat. As jy totaal en al vir aksie en adrenalin leef, het jy moontlik ook ’n baie besige en aksie volle lewe. So ook is dit belangrik om mekaar en ander se manier van lewe te probeer verstaan. Ons almal kan nie dieselfde wees nie en ons almal kan nie kanse waag nie. Ons het tog die versigtige mense ook nodig in die lewe en dan vir ander gebiede is die kansvatters weer voor om rigting te gee. Die groot geheim is om jouself dalk te verstaan en te bepaal watse tipe mens jy is. Dan kan jy self besluit op watter pas om aan te gaan en so ook die regte avontuur vir jou te kies. Iemand wat nou glad nie van die natuur hou nie en eerder binnehuis sal wil wees gaan tog dan nie elke naweek op ’n staptoer of bergklim ekspedisie nie. Hoekom dan as jy ’n rustige persoon is en stilte verkies sal jy dan uitgaan en partytjies hou tot laat aan waar lawaai en goed is waarvan jy niks hou nie? En nou net soos jy jouself dan kan verstaan, moet jy ook leer om ander om jou te begin verstaan. Weereens moet ek sê ons is nie almal dieselfde nie so ons gaan almal ander dinge hê waarin ons belangstel en wil tyd aan spandeer. Dit mag ook nou heel moontlik klink of ek nou net op ’n avontuur van skryf is en nie ’n punt het nie, maar eintlik is die kort skryfstuk van my vinnig tot op die punt wat ek probeer maak.

Dit wat jy in jou gedagtes en in jou lewe as avontuur beskou, is nie noodwendig vir ’n ander persoon ’n avontuur nie. Respekteer ander en leer om te verdra, te probeer verstaan en so kan die wêreld weereens ’n stappie nader kom aan ’n beter plek wees, vir ons almal.

 

Jou plekkie in die son

“Almal wil graag ’n plekkie in die son hê.” Ek het hierdie woorde al so baie gehoor en soms dink ek mens begryp nie werklik hoeveel dryfkrag net agter die stelling sit nie. Hierdie visie is iets wat elke mens op aarde laat voortgaan in ’n rigting om te doen wat hy of sy graag wil doen. Dit is ’n stelling wat so mooi verduidelik hoekom ons as mens alewig besig is om na beter te soek en graag sal wil beter doen in die lewe.

Elke mens het seker dan ook sy eie idee van sy plekkie in die son. Vir een persoon is dit ’n mooi huis wat hy of sy as sy eie kan maak en vir ander is dit ’n sekere pos by die werk. Dan is daar ook die wat glad nie oor besitting omgee nie, maar eerder hulle self deel van ’n sekere groep mense sal wil sien. Maak nie saak waar ook al jy jou plekkie in die son sien nie, almal het of droom van hulle eie. Nou kom daarby nog ook ’n ander groot probleem. Wat van as iemand anders in jou plek staan waar jy graag wil wees. Dit is nou waar die menslike natuur inskop en die stelling verander om te sê, “gun iemand anders ook ’n plekkie in die son.” Hoeveel mense sal ’n ander vertrap, verneuk of verdryf net omdat hulle nie wil hê daardie persoon moet gelukkig wees nie? Baie mense is self nie gelukkig nie en het nog nie hulle plekkie in die son gevind nie en sal dan alles moontlik doen om ’n ander persoon wat alreeds in die son staan te verdryf om in sy spasie te staan. Is dit dan nie ook so dat as jy nie gelukkig is met jou werk dat jy die mense om jou ook nie gelukkig wil sien nie. As jy nie ’n gelukkige lewe het nie dan wil jy ander om jou ook ongelukkig maak. Daar is soveel mense wat nie geluk kan vind nie omrede hulle so besig is om ander ongelukkig te maak, dat hulle nie tyd het om hulself gelukkig te maak of om geluk te gaan soek nie. Ek weet dit is in ons menslike natuur om so te wees, maar ek dink soms moet jy as persoon net bietjie gaan sit en kyk hoekom jy werklik nie gelukkig is nie. Soms moet jy net bietjie van negatiewe denke laat gaan en nie jou eie situasie gebruik om ander om te krap nie. Dit is so moeilik om in ’n persoon se geselskap te wees of saam so ’n persoon te werk wat net die heeldag lank kla en probeer negatief wees oor alles. Soms in so mate negatief dat die persoon die omstandighede vir almal ondraaglik maak. Ook soms laat so persoon se houding ander negatief benadeel. Ek dink soms moet ons net bietjie na onsself gaan kyk deur ’n ander persoon se oë. Gaan kyk en dink bietjie hoe sien ander jou. Moet nie net aan jou self dink nie en neem ander om jou in ag.

Almal wil graag ’n plekkie in die son hê, maar moet nie mense uit die son uit skuif om hulle plekkie te wil vat nie. Wie weet wat gebeur as jy iemand skuif en die son verander posisie deur die dag. Dalk eindig jy later in ’n skadu van ’n groot boom of gebou en dan kry die persoon wat jy weggeskuif het weer son en jy is vasgekeer waar jy eintlik nou lekker in die son sou kon staan as jy net bietjie geduldig was…

Stilte na die storm

Ek het al baie gehoor dat iemand praat van die stilte na die storm. Spreekwoordelik word die uitdrukking gebruik na ’n moeilike tyd of bakleiery wat net ewe skielik stop en alles is verby. Dit is dan ’n tyd waar jy terug kyk na alles wat gebeur het en net bly is als is verby. Op daardie stadium is dit waar jy moet begin alles weer bymekaarsit en regstel wat deur die storm vernietig is. Wel, ek sit nou so en dink aan die verloop van my lewe. Ek dink ook terug aan al die dinge waardeur ek gegaan het en na waar ek nou vandag staan. Ek dink ek kan amper sê dat my lewe ook maar baie stormagtig was en met tye as ek gedink het die wind gaan nou lê, dan tel dit maar net weer op en die verwoesting gaan aan. So ook het ek in hierdie storm geleer om skuiling te kry en te oorleef. Die storm wat so aan gewoed het, kon my nie breek nie en ek het oorleef. Die storm het my sterk gemaak. So ook het die storm bedaar na ’n baie lang tydperk. Ek kon daarna weer terug kyk na alles wat voor my lê en rustigheid ondervind. So ook het ek bietjie vir bietjie begin om die skade wat die storm veroorsaak het te herstel. Ek het myself gevind, weer begin skryf en hardloop en net myself weer opgebou na die persoon wat ek wou wees. So ook na elke storm lê daar bome, takke en blare die wêreld vol. Dit is dan wat jy maar moet begin skoonmaak en alles weer mooimaak en op hul plek kry. Die tyd waar jy weer kan begin droom oor hoe dit kan lyk. Dan so terwyl jy al die gemors begin skoonmaak, kom jy op ’n punt waar jy weer lewe sien. Een blommetjie of blaartjie wat die storm oorleef het en soos wat die son dan nou uitkom begin blom en ’n teken van lewe en hoop gee. Ek voel tans het ek nou daardie teken van lewe gesien. Ek is vir ’n oomblik rustig, het soveel vrede en staar net in bewondering na die teken van nuwe lewe. Dit is so in ’n oomblik waar jy nie verwag het om lewe te sien nie en dan ewe skielik is dit daar voor jou. Dit is ’n oomblik wat jy besef, alles gaan weer goed wees. Jy maak alles om die blommetjie skoon. Gee water en versorg die blommetjie en bewonder dit dan dag na dag soos wat dit begin groei en mooier en mooier raak met tyd. Op daardie oomblik kry jy werklik weer motivering om die blommetjie in ’n blomtuin te verander. Dit is iets wat nie oornag kan gebeur nie en met tyd, geduld en omgee sal die blomtuin geskep word. So ook met die kennis van die storm wat alles voorheen vernietig het, kan jy dan ook nou reg voor bery en die nodige skuiling en beskerming bou sodat as daar weer ’n storm moet kom, jou blomtuin beskermd sal wees en geen storm ooit weer dit kan vernietig nie. Ons as mens gaan deur die lewe en daar gebeur baie dinge met ons. Ek het al baie mense uit moedeloosheid hoor sê, maar hoekom gebeur al die dinge met my? Hoekom kan dit nie net vir ’n slag goed gaan met my nie? Ek dink ek self het ook al baie so gevoel, maar as ek nou so tot die besef kom dat as gevolg van alles wat gebeur het, kan ek nou opreg die goeie dinge in my lewe waardeur. Ek sal weet om dit wat ek nou het te versorg en goed op te pas. Ek gaan die nodige kennis hê om dit wat ek nou kry te versorg en op te pas en te beskerm teen die storms daar buite. Die stilte na die storm is nie noodwendig die mooiste oomblik in jou lewe nie, maar dit is moontlik die begin tot ’n nuwe hoofstuk in jou lewe waar jy half van vooraf kan begin om alles reg te maak en op te bou, selfs beter as wat dit voorheen was voor die storm. En dan, as jy daardie eerste teken van lewe weer sien dan weet jy, alles gaan weer goed wees. Daar is altyd hoop. Wees sterk in die tye waar storms woed en gebruik elke oomblik om kennis op te bou in jou lewe. Weet dat die storm weer sal oorgaan en jy stilte sal vind. Gebruik dan die kennis wat jy gekry het om in hierdie stilte te herbou en dan as jy daardie teken van lewe sien, gee jou alles om dit te bewaar. Ek hoop dat my lewe, my skryfwerk en drome nog vele meer mense sal inspireer in die lewe. Ek hoop dat ek dalk ook vir iemand wat tans ’n storm beleef bietjie hoop kan gee. Wees sterk want daar is ’n doel met alles in die lewe.