Waar daar n wil is, is daar n weg.

So sit ek dan ook nou, weereens na lang harde werk agter ’n doel gedrewe oefen plan en kry ek weer ’n tydjie om te skryf. Ek het die naweek wat verby is seker die moeilikste 21 km wedloop aangepak in die omgewing. Ek het van die begin af weggespring met ’n missie om onder twee ure klaar te maak.

So het ek omtrent twee maande terug besluit ek wil die wedloop hardloop. Ek is vertel dat dit nie maklik gaan wees nie en dat ek dit maar moet stadig vat. Stadig vat? Nee ek ken nie daardie woorde nie. Ek het begin oefen en myself gedruk tot waar ek amper nie meer kon nie. Ek het bly oefen en oefen en ek dink na amper ’n maand het ek my eerste 21 km wedloop gaan doen. Dit was ook glo ’n moeilike een, maar ek het baie goed gedoen. Vir my was dit ’n goeie toets ter voorbereiding vir die grote wat ek wou doen. ’n Paar mense het vir my gesê dat ek kan vergeet om die Sudwala 21 km onder twee ure klaar te maak. Dit was glo net te moeilik, maar ek het nie opgegee nie. Ek het bly droom, bly oefen en myself gedruk.

Die oggend sewe uur spring ek weg. Ek breek so gou moontlik uit die bondel en druk om saam die voorste atlete uit te kom. Toe ek uit is kon ek begin werk. Hard werk om my pas te hou en elke opdraand net tot bo te kom. Die eerste twee kilometers was maklik genoeg, maar toe begin die lang klim van amper ses kilometer tot bo-op die berg. Ek het net bly hardloop. Nie opgegee nie en nie terug gekyk nie. Toe ek bo-op die berg kom het ek myself begin druk om vinniger te hardloop. Daarna by die draaipunt het ek nog opdraande gehad om te hardloop, maar ek het goed gevoel en het net bly gaan en gaan. Weer terug bo-op die berg het ek ’n lang afdraande gehad tot onder. Dit klink dalk makliker, maar ek moes hard werk om my pas reg te kry en vinnig af te gaan sonder om seer te kry. En daar kom ek nader aan die einde en besef hoekom die een die moeilikste 21 km wedloop is. Opdraande wat my wil laat agteruit terug hardloop. Ek het lank gesukkel om daar uit te kom en het met myself baklei tot bo. Op die bopunt het ek die voorreg gehad om deur die Sudwala grotte te hardloop en toe was dit die afgaan weer na die eindpunt. Dieselfde opdraande wat ek op baklei het moes ek nou afgaan en elke laaste bietjie krag in my bene was nodig. As ek te vinnig gaan kry my knieë seer en te stadig is dit my bobene wat pla. Met ’n redelike vinnige pas is ek daar af en toe ek oor die wenstreep gaan en besef ek het dit onder twee ure gedoen, was dit asof ek alles vermag het wat ek wou. Dit is ’n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. Al die harde werk was nie verniet nie. Ek het aan myself bewys dat ek dit kan doen.

Lang harde werk en ’n positiewe, maar doelgerigte benadering tot enige iets, kan net sukses oplewer. So het ek dan weereens bewys dat as jy positief en gemotiveerd bly, jy suksesvol sal wees in wat jy doen. Ek het geleer om nie na ander mense te luister nie en in myself te bly glo, tot die bitter einde toe. Mag my klein bietjie sukses almal inspireer om hulle drome uit te leef. Moet nooit sê ek kan nie want waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s