EERSTE WOORDE

Ek staar vanaand voor my uit na ’n leë bladsy hier waar ek wil skryf. Dan kry ek die vraag, hoe begin ek? Eerste woorde… ook die belangrikste woorde in ’n skryfstuk omrede dit soms bepaal of die leser dit verder gaan lees of nie. Jou eerste woorde moet treffend wees om sodoende die aandag van jou leser te trek in so opsig dat die leser verder wil lees.

Is dit nie soms ook van toepassing op ons daaglikse lewe nie? Daardie eerste woorde as jy vir ’n werksonderhoud gaan; die eerste woorde as jy jouself aan iemand nuut voorstel; die eerste woorde as jy iemand na ’n lang tyd nie gesien het en julle ontmoet weer; en daar is so baie voorbeelde, te veel om op te noem. Alles belangrike voorbeelde, maar dit is nie die eerste woorde wat ek nou in gedagte het nie.

Ek dink vêrder om te sê ons ontmoet eintlik elke dag nuwe mense en ons let nie op na ons eerste woorde nie. Ons supermarkte is nou al so groot en van so aard dat jy amper nooit deur dieselfde persoon gehelp word by die betaalpunt nie. Al ooit gedink dat as jy daar gaan betaal, net vir daardie oomblik is dit ’n nuwe ontmoeting met iemand wat jy moontlik nooit van te vore gesien het nie? Wat is jou eerste woorde aan die persoon? Ek het al soveel keer gesien hoe ek in ’n lang tou staan en wag en dan soos die mense een vir een voorkom, groet die winkelklerk ewe vriendelik. Soms groet die kliënt terug en vertoon sy of haar items om te betaal, maar dan is daardie mense wat net die goed neergooi en nie eens groet nie. Ja en soms hoor jy mense sê,  “maak net gou, ek het nie heeldag tyd nie.” Nie ’n goeiedag, hallo of dankie nie.

“Kan julle nie sien die tou is lank nie, kry nog mense hier!”

“Waar is die bestuurder, dit is totaal en al onaanvaarbaar!”

Ek hoef glad nie verder eers nog van al die baie voorbeelde te noem nie, want ek glo jy ken dit almal. Ons sien en hoor dit elke dag. Dan moet jy die winkelklerk se gesig sien as ek daar voor by die betaalpunt kom, al glimlaggend en vriendelik, “Goeie dag ek sien die mense gee jou ’n harde tyd. Hou net moet jy doen goeie werk. Gaan net aan en hou moed, ignoreer die klomp net.”

Dit is op daardie stadium wat die winkelklerk se mond oopval en sy of hy nie begryp wat aangaan nie en dan binne oomblikke glimlag hulle en help my na die beste van hulle vermoë. Dit mag dalk nou belaglik klink, maar ek sien dit as, my eerste woorde het ’n verskil gemaak in daardie een persoon se lewe, net vir daardie kort rukkie wat ons kontak het. So sê ek ook altyd vir mense, vriendelikheid kos niks nie.

Ek het ook dae wat ek kwaad is, hartseer is, of selfs haastig en laat is, maar dit gee my geen reg om met ’n ander persoon wat niks daarmee te doen het, ongeskik te raak en so ook daardie persoon, wat onder geweldige druk werk, se dag net moeiliker te maak nie. Jy mag dalk nou vir my sê, maar waarvan praat jy? Daardie persoon moet net die goed oplei en jou geld vat, watse druk is dit nou? Wel, stel jouself in daardie persoon se posisie. Daar staan jy en doen jou werk en ewe skielik raak die winkel besig. Nou kom negentig persent van die mense by jou verby, ongeskik en aaklig. Het jy al na jou gesig in die spieël gekyk as jy ongeskik is? Verstaan nou hoe daardie persoon na dieselfde prentjie oor en oor moet kyk en selfs erger.

Ek het hierdie blog begin om net my skryfwerk te oefen en te verryk; half bietjie van my gevoelens te deel; soms dinge uitkry om my self te help, maar ek dink dit het in meer ontaard. Ek wil altyd mense help en die wêreld ’n beter plek maak. Ek kan nie woede, haat en geweld verdra nie. Tog is dit so deel van ons samelewing en kan so maklik voorkom word deur net bloot anders te dink. Ek meen kyk nou na hoe jou eerste woorde aan ’n vreemde persoon ’n verskil kan maak. As elke mens op aarde net leer om ’n wag voor jou mond te sit, vriendeliker te wees, kan hierdie wêreld van ons in ’n beter plek verander. So gebruik ek dan ook die blog om my sienings te deel met mense regoor die wêreld. Ja, soms skryf ek in Afrikaans en ander tye in Engels, maar dit maak nie saak nie. Iewers daar buite is iemand, dalk jy, wat so klein bietjie van my sienings saam hom of haar gaan vat en so het ek dalk ook op ’n manier my deel gedoen om die wêreld te verander.

Jy mag dalk ook nou vir my sê, maar wat as ’n ander persoon met my ongeskik is? Dalk is jy daardie winkelklerk wat dag na dag al hierdie dinge beleef. Dan is my antwoord nou aan jou, kyk na wat jy doen en vergeet wat die ander doen. Moenie omdat ander dit aan jou doen, dieselfde terug wil doen nie. Jy is beter. Jy is jy en niemand dwing jou om nie jy te wees nie. Wees vriendelik, bedagsaam en liefdevol in alle opsigte en kyk bietjie wat die verskil in jou lewe is. Laat jou eerste woorde aan ’n persoon, ’n spieëlbeeld van jou goeie self wees en jy sal geken word as ’n goeie mens…

Advertisements

One thought on “EERSTE WOORDE

  1. Ek lees wat jy skryf en ja alles is waar, maar ek het ook baie daaroor al gedink en ek kry maar net die gevoel dit is baie maal iemand wat self nie respek vir hom of haarself het nie wat dit op ander dan uithaal.

    2016-03-07 22:16 GMT+02:00 Krisjan Jansen van Vuuren :

    > Krisjan posted: “Ek staar vanaand voor my uit na ’n leë bladsy hier waar > ek wil skryf. Dan kry ek die vraag, hoe begin ek? Eerste woorde… ook die > belangrikste woorde in ’n skryfstuk omrede dit soms bepaal of die leser dit > verder gaan lees of nie. Jou eerste woorde moet ” >

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s