BESLUIT

Hier sit ek nou… Is dit waar ek wil wees? Adam Tas se ‘Amsterdam’ wat speel in die agtergrond. Ek het een van daardie oggende. Musiek, deurmekaar gevoelens en ek wat nie weet of ek gelukkig is en of ek hartseer is nie.

Daar kom dae in mens se lewe wat jy net soveel inligting op een oomblik probeer verwerk, dat dit soms net te veel begin voel. Jy get ’n gemengde gevoel van blydskap en hartseer ter selfde tyd. Prosessering in so geval is partykeer net nie volkome moontlik nie. Hoe verstaan mens dit dan tog? Hoe verstaan mens die lewe? Daar is soveel dinge daar buite. ’n Hele wêreld vol drome en dinge daar buite. Partykeer soveel meer as wat ons besef. Waarna streef ons dan nou eintlik? Wat is dit dat die mens altyd soekend is?  Vind mens dan nooit genoeg nie? Vind jy dan nooit alles wat jy soek nie?

So het ek nou ’n proses van selfontleding weer aan die gang. Iets wat ek teen die tyd goed ken want ek moet gereeld gaan sit en daaglikse gebeure verwerk en besluit hoe dit my lewe vorentoe sal beïnvloed. So ook is ek in die week gevra hoe ek elke dag so gelukkig kan lyk. My antwoord was eenvoudig. “Ek kies elke oggend om gelukkig te wees.”  Ja, in die selfontleding proses het ek wel een ding geleer. Dit is jou keuse om gelukkig te wees. Net jy self besluit om gelukkig te wees. Niemand anders kan vir jou sê om gelukkig te wees nie. Dit is ’n gevoel wat totaal en al net deur jouself en die blote besluit daaroor, deur jou geaktiveer kan word. Ja daar is hartseer en moeilike tye, maar jy kan besluit hoe jy hierdie tye gaan hanteer. Dit is moontlik om te glimlag as jy hartseer is en soms, ja net soms is daardie glimlag soos ’n groot staal deur wat oopgesluit word na ’n baie beter plek as wat jy ooit van sou kon droom.

Ek het ook vrees in my. Vrees dat of my besluite wat ek neem wel die regte besluite is. Vrees dat die gevoelens wat ek probeer uitsluit nie net onderdruk word nie. Gaan ek eendag soveel geluk probeer voorgee, dat dit net voorgee sal wees en die onderdrukte vrees my dan sal oorneem en my laat ineenstort? Dit is alles net vrae wat ek het, maar tog sal ek nie daarvoor antwoorde kry nie. Ek kan net hoop en glo dat ek wel die regte besluite neem.

Hier sit ek dan nou… Ek besluit weereens om gelukkig te wees. Dit is een van daardie oggende. Musiek wat speel in die agtergrond en ek kan dans en sing. Ek kan skryf, motiveer en inspireer.

Wat besluit jy dan vandag..?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s