LEEF VIR DIE HEDE

“Mens se verlede kan jou maak of breek.” Hierdie is ‘n sê ding wat ek al baie kere gehoor het. Ek weet soms net nie hoe waar die woorde daarvan is nie, omrede ek dit baie anders ondervind. Dit maak nie saak wat in jou verlede gebeur het nie, maar wat nou in jou hede aan gaan. Jou hede is die tyd wat jou kan maak of breek, en soveel te meer nog, jou hede word môre se verlede.

Ons is geneig om altyd alles op ons verlede te wil blameer, maar tog was daardie verlede eens ‘n hede by jou. Dit is meer die foute wat jy nou maak, wat jou maak of breek. So hoekom nou gaan sit en besin oor die verlede, as vandag die eintlike verskil kan maak. Baie mense verstaan my verkeer as ek sê, “sit jou verlede agter jou, en leef vir vandag.” Daar word dan vrae aan my gestel soos, “moet ek dan nie juis leer uit my foute nie?” of, “hoe vind ek myself dan in my binneste, as ek die verlede moet los?”

Ek dink die term, laat gaan die verlede, word verkeerd gesien. Dit beteken nie jy moet alles vergeet wat met jou gebeur het, en aan gaan sonder die kennis wat jy daar deur opgedoen het nie. Nee, dit beteken meer dat jy nie die slegte dinge wat gebeur het in jou verlede moet gebruik om jou af te trek van waar jy nou is nie. Onthou juis die verlede, maar gebruik dit om van uit te leer, en om nie dieselfde foute te maak nie.

Niemand kan die kennis wat jy uit ondervinding uit opgedoen het, ooit van jou af weg neem nie. Die groot vraag om te vra aan jouself, is hoe gaan jy daardie kennis gebruik om jouself positief te kan beïnvloed vandag? Hartseer tye, swaar tye, en alle slegte tye, kan jou vandag laat besef dat jy ‘n beter mens uitgedraai het, as gevolg van alles wat gebeur het. As jy toelaat dat daardie slegte tye, jou vandag af trek, om nog steeds in die hartseer te leef, dan leef jy in jou verlede. Vind die blydskap wat nou om jou is. Kyk na wie jy nou is. As die persoon wat jy nou sien, nie is wie jy wil wees nie, is nou die tyd vir verandering.

Lag, wees bly en leef voluit. Om voluit te leef, beteken om nie te leef met gister se hartseer nie, maar vandag te vat en die beste daarvan te maak. Niks meer nie, net die beste, jou beste.

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s